Ons doen die Leeuloop
Ek
het laasweek geskryf oor Somer wat uiteindelik daar doer ver op die horison
aankom en jouwrintiewaar, hy is al naby genoeg dat ek “HALLO!” kan skree en hy
my sal hoor. Na dese besluit ek en Kyle toe om Saterdag wat verby is Leeukop te
gaan klim.
O,
herder, wat ‘n flop!
Eerstens, weet ons nie wat om te verwag met die wind wat so waai nie en ek reken “dit gaan ysig daar bo op die piek – let wel, die PIEK van Leeukop!– wees, so ons moet maar warm aantrek.” Ek pak selfs vir ons elkeen ‘n ekstra baadjie in. Ge-“gear” met ons langbroeke, langmouhemde, stapstewels en hoede pak ons ‘n rugsak kompleet met knipmes en koplamp en sit af stad se kant toe. Daar gekom ry Kyle direk na die plek waar hy voorheen sy kar parkeer toe hy vir my gewag het om met ‘n onderhoud klaar te kry. Die bordjie het “iets gesê van Leeukop” en hy is doodseker dis waar mens begin klim.

weet glad nie waarheen ons op pad is nie, maar met Tafelberg as baken en
Leeukop wat baie prominent sigbaar is van enige plek in die stad, begin ek
onraad vermoed toe ek agterkom dat Leeukop daar doer ver bly sit en ons al
langs Seinheuwel aanpiekel.
My
vermoedens word bevestig: hy parkeer sommer in die straat amper in die tuin van
‘n huis – die straatjies is so nou, mens kan sommer vanuit jou kar saam met jou
buurman na MNet se Sondagaand moewie sit en kyk, jy bring net jou eie popcorn! –
en dit hier halflyf teen SEINHEUWEL op! Maar nee, Kyle is vas oortuig dat dit
hier is waar ‘n ou begin klim.
Ek
kyk daai rugsakkie so en ek reken daai 4 piesangs en een fles koue water
behoort ons darem die dag te hou, maar ek is nie seker wat ons vir die volgende
2 dae gaan eet of drink nie, want die HEMELE alleen weet dis hoe lank dit jou gaan vat om by Leeukop uit te kom!
Ek
oortuig Kyle om ‘n beter beginpunt te soek. Ek Google sommer gou en ja nee,
hier staan dit swart op wit : ons moet Kloofnek oor en dan vat die paaie
jou tot by die eintlike wegspringplek. Maar met ons woeste pakkery en
gereedmakery vir die Groot Klim die oggend, het ons só laat by die huis gekom
dat dit nou al 12:45 is. Die son fel ongenaakbaar op ons neer en ons sit en
braai in ons winterspakkies. Die mense dartel verby in hul kortbroeke, t-hemde
en plakkies en ons sit en word kaiings daar in die kar. By Kloofnek aangekom tref
‘n sonstraal en ‘n wrede ontnugtering ons so gelyk toe ons die tou karre gewaar
en ek weet nie wat die seerste maak nie...
Nee
wat, besluit Kyle, ons kry ons eie pad. Neuk al die pad verby ons aanvanlike
beginpunt reg teen Leeukop op. Die paaie krul en kronkel teen die Leeu se nek
op en af en ek dink aan hoe ons as kinders “Slangetjies en Leertjies” gespeel
het: een misstappie, ou maat, en ons gly deur die slang se bek, al langs sy
slukderm af tot binne in sy pens! Uiteindelik loop die pad na bo dood en ons is
nogsteeds nie naby aan klim nie.
‘n
Uur en ‘n half, 2 piesangs en ‘n driekwart liter water later en ons eindig
uitgeput, warm en gedehidreer weer by ons aanvanklike beginpunt:
Seinheuwel. My tong hang behoorlik teen my bek uit en ek sien spikkels.
Teen dié tyd sou enige redelike mens (én die duiwel) al in dié hitte opgegee het......maar Kyle is nie redelik nie. En blykbaar ook nie méns nie: Kyle is een van daai wesens wat so loop en sonskyn KOTS van die môre tot die aand, vrééslik positief en altyd gereed vir ‘n uitdaging!

En
vasberade.
“Dit sê iets van Leeukop op daai bordjie, so dit móét die begin wees!”
"Die enigste rede hoekom die woord “Leeukop” enigsins op dáái bord sal voorkom, Kyle, is as dit sou aandui dat Leeukop ongeveer ‘n dagreis te PERD van hier af is!", dink ek by myself maar bly liewer stil.

Uit
die kar geklim – ons moes die slag ander parkeerplek soek want ‘n ander ou sit
nou en tiewie kyk deur sy buurman se venster vanuit sy motor – strompel ons aan
na die voet van SEINHEUWEL. (Teen die tyd wat ons die bordjie bereik is ek nou
al so warm en ek so bewerig, dat ek die voorstel maak. Kom ons rus eers bietjie in die koel skadu van die boom en drink maar ‘n
lekseltjie water, waarop Kyle my aankyk asof ek nou net voorgestel het ons eet
vanaand mensvleis vir aandete! Jy sien, die bordjie is skaars 10m weg van die kar
af. Ag, maar dis STEIL, mense!)
Nou ja. Ek
weet nie baie van Kaapse fynbos en die tipe gras wat alles hier groei nie. Maar wat ek wel van seker is, is dat
een van die grassoorte Dagga móét wees want sowaar, daai bordjie sê, in GROOT VET letters: “Lion’s
Head Trail”!
En dit terwyl die afstand tussen die twee berge so wyd soos die Heer se genade is! Bid jou dit aan. As ek tot op daardie stadium nog enigsins hoop gehad het, het dit tot in my stapstewels gesak...
En dit terwyl die afstand tussen die twee berge so wyd soos die Heer se genade is! Bid jou dit aan. As ek tot op daardie stadium nog enigsins hoop gehad het, het dit tot in my stapstewels gesak...
Heel
in sy noppies en omdat hy tog so positief van geaardheid is, is Kyle glad nie van stryk gebring nie en bestyg ons toe
daai heuwel (BERG!!!): ek, Kyle, ons ridiculous outfits, 2 piesangs, ons
koplamp en knipmes en die paar druppels water wat oor is.
Kyle: die walking-talking HAT-verklaring van woorde soos "energiek", "rats" en "vlugvoetig".
En ek? Ek lyk soos 'n animasiekarakter waarvan die tong so 6bar opgeblaas en 3 meter lank agter my op die grond aansleep... Nie juis 'n mooi, vleiende prentjie nie.
Ek gebruik die 6 kilojoules waaroor my liggaam nog beskik en loer met een verstarde oog in die rigting van die heuwel (berg. EVEREST!) en as ek sien hoe steil en ver dit is, begin ek vir die eerste keer besef dat ons daai koplamp en knipmes dalk tog net mag nodig kry en ek strompel ietwat onseker voort. Ons het juis net nou die dag 127 Hours gekyk en ‘n mens weet nooit…

Nou
ja. ‘n Besete pakkery wat 9h die oggend al begin het loop toe uit op ‘n
klim-/staptog wat eers teen 14 :30 uiteindelik afskop en binne 40 minute
sommer weer verby is. (Ons langmouhempies en swaar wa-vrag noodsaaklikhede was
net een te veel. Plus, ek het uitstekende oorredingsvermoë en het Kyle kort-voor-lank oortuig dat ons liewer moet terugdraai. Terug na die kar. Terug na water. Terug na waar ek laas nog soos 'n mens gevoel het.) Ons bergklim ekspedisie was toe nou nie regtig enigsins suksesvol nie. Enigste troos: ons het darem ver genoeg geklim om op ‘n
stadium vir Leeukop so van ‘n afstand te gewaar...
Berg
= 1. Kyle en Monique = 0.
Gelukkig
was die dag darem nie ‘n totale fiasko nie: ek is die oggend uitgenooi om aan ‘n
FANTASTIESE Facebook Groep te behoort – Lekkerlees Boekrak se mense is
intelligent en savvy en die gesprekke is interessant en stimulerend. Te lekker!
En die aand het ons ‘n heerlike ete by Geraldine se nuwe woonstel in Vredehoek
en ontmoet ons vir Tanya wat vir ons vertel van haar vriend wat helderoordag in
Somersetweg stap en BBM-boodskappe stuur en toe die volgende oomblik KERDOEF!
in iets vasloop. Raai waarin loop hy vas? Nie ‘n paal nie. Ook nie ‘n mens of ‘n
bus nie, nee.
‘n PERD!
Dis reg. In die perd se gesig! Dís nou hoe jy ‘n gegewe perd in die bek kyk, hoor! En nee, sy lieg nie, sy’t dit so reg uit die perd se bek gehoor. Hy was blykbaar besorg oor die perd so neerslagtig gelyk het en wou net vra “What’s with the long face?” maar keer homself toe net betyds.
So sluit ons toe ons aand af, ‘n aand van die allerlieflikste, sappigste intellektuele gesprekke, goeie Delheim wyn, Lasagne en melktert wat geKook en toe Geniet is, terwyl die wind om die hoeke van die woonstelgebou huil.
Omdat
ek as myself verskyn in Snydokter, moet Leon my persoonlikheid en menswees
presies verstaan en kan vasvang. So, ter voorbereiding vir die skryf van Snydokter,
skryf my naby-mense elkeen ‘n kort beskrywing van wie ek as mens is sodat Leon
my beter kan leer “ken” vir wie en wat ek werklik is. Soos wat ek elke boodskap
ontvang en aanstuur na Leon toe, raak ek al hoe meer verstom en verslae:
hierdie mense ken my. Hulle sit in my murg, my bloed.
En
een ding wat ek uit elkeen se skrywe oplet is dat hul sê dat ek die
"gawe" het om enige alledaagse, onbenulligheid in die grootste,
interessantste gebeurtenis te omskep en dit sonder dat ek daarna soek of dit so
beplan! Ek trek dit eenvoudig net aan.
Ek
weet nie presies wat om met so ‘n stelling te maak nie. Want maak dit my
interessant? Of net pleinweg dramaties?
Maar
hoe dit ookal sy, interessant of dramaties: na afloop van my en Kyle se
Leeuloop-katastrofe Saterdag, begin die besef stadig op my neerdaal en ek oorweeg die moontlikheid. Hul beweer ek trek drama en GEBEURTENISSE aan?
Mmmm... Hulle is dalk, net dálk, heeltemal in die kol...
Mmmm... Hulle is dalk, net dálk, heeltemal in die kol...
Dramaties interessant! ;-)
ReplyDeleteHaha, Kouevuur, ek weet nou presies wie jy is! ;-) Dankie, dame.
DeleteEk het nou lekker sit en lag. Jy skryf wragtie baie goed!
ReplyDeleteAmpertjiesBettie, bly ek kon jou laat lag! x
Deleteha-ha - ek het nou lekker sit en smile hier. klink my jy en kyle is ook so opposites soos ek en my man. het jou beskrywing geniet van hoe positief hy is - hierdie kant ook hoor ... ;)
ReplyDeletelekker geskryf hierdie - ek like ...!!